19 Februarie 2025 Vox Weervoorspelling











>> YOUR LINK HERE: ___ http://youtube.com/watch?v=1z2RkN24_es

🌧️ Aanhoudende en SWAAR REËN duur voort hierdie Woensdag oor sentrale en oostelike SA met verdere OORSTROMINGS moontlik. • ⛈️ ’n Afsnylaag sal wes van die land ontwikkel en ook VERSPREIDE DONDERSTORMS westelike SA bring. • ⚠️IMPAK-GEBASEERDE WAARSKUWINGS uitgereik deur die SA Weerdiens⚠️ • 🟠 Oranje Vlak 5: Ontwrigtende reën wat lei tot oorstromings van paaie, brûe en nedersettings, skade aan eiendom en infrastruktuur en lewensgevaar word verwag oor Gauteng, in die noorde en langs die kus en aangrensende binneland van KwaZulu-Natal, uiters suidoostelike dele van die Oos-Kaap, oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes sowel as die suidwestelike dele van Mpumalanga. • 🟡 Geel Vlak 2: Ontwrigtende reën wat lei tot plaaslike oorstromings van kwesbare brûe, paaie en nedersettings, skade aan eiendom en infrastruktuur word verwag oor KwaZulu-Natal, sentrale en oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes, westelike Bosveld van Limpopo, sentrale en suidwestelike dele van Mpumalanga sowel as die uiters oostelike dele van die Oos-Kaap. • 🟡 Geel Vlak 1: Skadelike winde wat navigasie bemoeilik, ankers laat sleep en klein vaartuie laat water inneem, word verwag tussen Kaap St. Francis en Gansbaai. • 🔥BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS:🔥 • Uiters hoë brandgevaarstoestande word verwag oor die westelike dele van die Wes-Kaap sowel as langs die Tuinroete en aangrensende binneland. • #voxweather #vloede #reën #afsnylaag

#############################









Content Report
Youtor.org / YTube video Downloader © 2025

created by www.youtor.org