Kuier Rapport Matriekklas 2022 Lewenswetenskappe Les 5
>> YOUR LINK HERE: ___ http://youtube.com/watch?v=RX6mSZSW9-0
Dis weer daardie tyd van die jaar dat matrikulante agter hul boeke moet inskuif om voor te berei vir die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan – hul eindeksamen. Maar matriekonderwysers is bekommerd omdat vanjaar se matrikulante al die ondersteuning moontlik nodig het om te slaag omdat hulle laas in graad 10 ’n volwaardige eksamen afgelê het. Hulle gaan dus die grootste eksamen van hul hele skoolloopbaan moet aflê sonder dat hulle oor die afgelope twee jaar oefening gekry het in die skryf van eksamens. Die Kuier Rapport Matriekklas dien vanjaar weer as middel om matrikulante by te staan ter voorbereiding van hul eindeksamen met addisionele lesse. • KYK AL DIE LESSE HIER - https://www.netwerk24.com/netwerk24/s... • Lewenswetenskappe • Lewenswetenskappe is die wetenskaplike studie van lewende dinge. Dit is ’n vak wat kritiese denkpatrone vereis asook algemene betrokkenheid by lesse. Die borrelende en energieke opvoeders wat die lesse aanbied, Jeremy Dietsiso en Vanessa Erasmus, sê hoewel toepassing en analise van wetenskaplike beginsels en -wette ’n struikelblok vir leerders is, kan hulle dit lag-lag oorkom deur oefening en die uitwerk van ou vraestelle.
#############################