Graad 11 Funksies Eksponensiele Funksie Les7 Eksamen Vrae 2 Wiskunde
#############################
Video Source: www.youtube.com/watch?v=FxdBjgFPP6w
Is jy gereed om Funksies in Graad 11 Wiskunde te bemeester? Dan is jy op die regte plek! In hierdie Playlist van 8 videos, verduidelik ek vir jou al die belangrike konsepte en metodes wat jou sal help om die Eksponensiële funksie met selfvertroue aan te pak. Die onderwerpe wat in die video reeks behandel word is: - Die inleiding en al die teorie oor die eksponensiële funksie, hoe om die eksponensiële funksie te skets, asimptote, hoe om die vergelyking van die eksponensiële funksie te bereken en oefen voorbeelde. Dan is daar ook nog drie videos waar ek eksamen vrae bespreek, sodat jy 'n idee kry hoe die werk in 'n eksamen gevra word en dit jou kan help met jou eksamen voorbereiding! • Ek behandel alles hier wat jou sal help om sukses te bereik in die Funksies hoofstuk in graad 11 meer spesifiek hier die eksponensiële funksie. Daar is ook volledige reekse of Playlists oor die Parabool sowel as die Hiperbool. Of jy nou vir die eksamen voorberei of dalk net jou Wiskunde wil opskerp, hierdie is die regte hulpbron vir die Suid Afrikaanse Wiskunde studente. Dit is ook vir graad 12 leerders van onskatbare waarde wat dalk wil hersiening doen oor Graad 11 Funksies in Wiskunde Vraestel 1. Die probleme word ook baie deeglik stap-vir-stap verduidelik wat jou sal help om beter te verstaan en uiteindelik die funksies hoofstuk te bemeester. • *In hierdie video word die volgende bespreek:* EKSAMEN vraag oor die Eksponensiële funksie. • Maak seker dat jy tot op die einde van die Playlist en elke video kyk sodat jy 'n geheelbeeld oor die Funksies hoofstuk in Wiskunde vorm. Onthou ook om te 'subscribe' vir meer opvoedkundige videos oor Wiskunde! Jy is welkom om kommentaar ook te lewer, en belangrikste is vertel AL jou VREIENDE! • • Playlist: • • Graad 11 Eksponensiele funksie • #wiskunde #videolesse #graad11 #wiskundelesse #eksamenvoorbereiding #eksamen #wisk #onlinemathsbymissP
#############################