6 Meer getuienisse oor Jesus Temas Uit Die Evangelie Van Johannes
>> YOUR LINK HERE: ___ http://youtube.com/watch?v=zWUnz9TuADk
Andre en Rebecca Joubert • ‘En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My • toe trek.’ ” (Johannes 12:32) • J • esus het nie net verbasende dinge oor Homself gesê nie, maar ook oor wie Hy • is, oor wie Hom gestuur het en waar Hy vandaan gekom het. Hy het ook getoon • wie Hy is deur die wonderwerke en tekens wat Hy gedoen het. Soos sommige • openlik van Jesus getuig het: “ ‘Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen • as wat hierdie man gedoen het? ’ ” (Johannes 7:31) • Hy het sy woorde met handelinge bekragtig en dit het die waarheid van sy • woorde bevestig. • Maar, soos wat die drama voortduur, begin die mense verdeeld raak. Die • genesing van die man by die bad van Betésda het gramskap by die leiers opgewek. • Die gesprek in Kapérnaüm na die voeding van die 5,000 het daartoe gelei dat Jesus • deur die menigtes verwerp was. Die opwekking van Lasarus het geloof in sommige • gewek, maar by ander ‘n vyandigheid wat tot die verhoor en kruisiging van Jesus • gelei het. • Hierdie week se les gaan oor diegene wat gesien het wat Jesus gedoen het, en • daaroor getuig het. In elkeen van hierdie insidente word sommige aspekte van wie • Jesus werklik is, geopenbaar, en tesame skep dit ‘n dieper insig in Jesus as die • Messias.
#############################